We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Laat Daar Lig Wees

by Jerome Rex

/

lyrics

Laat Daar Lig Wees

Verse 1:
Ontbloot die waarheid, laat dit nakend raak
Eendragtig saam fasiliteer ons maats die donker se verplasing graag
Kom stap saam my en maak jou klaar, ek waak en staar
Die Kaapenaar wat jou verbeelding aansit by die skakelaar
Al voel jy skaars instaat om die taak te takel maat
En die gedagte van die reis vir jou uitasem laat
Onthou die daad gedaan maak swape van wie praat en praat
Wie honger is vir vryheid sal dit kry, so laat ons rasend raak
Rex is dan heel bets om te deel
Oor geleentheid vir bevryding soos die teks dit beveel
Ons raak net siek van spekskiet en letsels word heel
In die nuwe dispensasie, kom ek skets ‘n toneel
Woes en duister, moeg en duislig, ja, ja, dis weer
Om jou moed te teister roep ek uit, sowaar daar swig vrees
“Die goed is duidelik”, moes ek uiter, laat jou dit weet
En hoor ons weer, skree die oorlogskreet: Laat daar lig wees!

Laat die onkunde verdwyn
Laat daar lig wees
Laat pyn verdamp soos wat dit skyn
Laat daar lig wees Wie loop alleen?
Ek bring ‘n bende saam, en ons maak
Dit instroom oral by die vensterraam
Laat daar lig wees


Verse 2:
Jy sal blink soos ‘n muntstuk, glinster en skitter
Bitsige bitter vrinne word wakker soggens soos jou wekker lui
En raak gerus soos jou kussing, wat die begunstigdes insit
Verbreed die visie soos bo in ‘n double decker ry
Die liefde se bestek is wyd, dis eg, dis feit
Dit heg ons uiters neffens, betrek ons tyd, dis lagwekkend eintlik
Hoe meer goed wat ons net wil skei
Misluk, en ruil “uitstekend” met jou “net OK”, laat daar lig wees
Laat dit helder brand, laat ons bestendig staan
En beskaam die weg van selfsug, dis ‘n wedloop en ons wen dit saam
Ons bou ‘n span, ons bou ‘n weermag, ons bou eenheid
Ons bou eendrag nooit alleenag, laat die missie net kan verder gaan
Onsettend die onsettendheid van krag
Wat ons doeltreffendheid vermeerder meer as kuns wat in my pen bestaan
Die wat hul oë gevestig op die doelwit hou
Sal nooit ellende smaak, so sê dit saam:
Laat daar lig wees

Laat dit gloei, laat die strale net so helder skyn
Die Bron is hier, jy sal dit nerens elders kry
Is jy sku, los dit af, dit laat jou minder as geweldig lyk
Die donkerte’s verslaan, dit sal gekelder bly


Laat daar lig wees
Sodat die dag kan breek
Laat daar lig wees
Wie sal kan kragte meet?
As ons, ons gesag gebruik sal selfs die nag beswyk
Wat ons vermag is great, ons laat dit maklik lyk
Laat daar lig wees


Kom raak verstandig, hoop verander ook
Ons kan dit stook en anders loop
Maak skandes oop, vervang dus bloot ‘n bang gebroke
Ingesteldheid wat die krankheid loof
En dan betoog ons wanhoop
Die beligting maak jou helder soos gebrande koper

Laat daar lig wees,
Sit dit by die muur aan, check die breaker boks
Dis uiters tops, ons bly gefokus
Laat daar lig wees,
As jy bereid is, kom
Dis eintlik nog uitsluitlik om met wysheid al jou pyn te moker

Laat die onkunde verdwyn
Laat daar lig wees
Laat pyn verdamp soos wat dit skyn
Laat daar lig wees Wie loop alleen?
Ek bring ‘n bende saam, en ons maak
Dit instroom oral by die vensterraam
Laat daar lig wees 8

credits

released October 7, 2021

license

tags

about

Jerome Rex Cape Town, South Africa

contact / help

Contact Jerome Rex

Streaming and
Download help

Report this track or account

If you like Jerome Rex, you may also like: